Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor "Anne of Green Gables" van my kinderdae
Oor "Anne of Green Gables" van my kinderdae [boodskap #6927] Vr, 02 Augustus 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Toe ek so dertien, veertien was het ek aanmekaar
die stories van Lucy Maud Montgomery uitgeneem
daar in my skoolbiblioteek in Kakamas. Uiteindelik
het my nuwe Engelse onderwyser dit stopgesit in
standerd nege en vir my beveel om Dickens te begin
lees. Ek het hom vir 'n ruk gehaat oor die bevel.
L.M. Montgomery (1874-1942) het in 1908 haar
eerste Anne-boek gepubliseer: "Anne of Green Gables."
Die storie speel af op Prince Edward Island. Anne, 'n
weeskind, word per ongeluk gestuur na 'n ou broer en
suster wat 'n seunskind wou gehad het om hulle op die
plaas te help. Die boek is een van die mees populere
dogtersboeke dwarsoor die Engelssprekende wereld,
alhoewel ek vind dat hier in Kanada jy nie vanselfspre-
kend kan aanneem dat 'n dogter die boek gelees het
nie. Hulle het almal wel die film gesien ('n baie baie
goeie produksie wat gereeld ook op Amerikaanse pub-
lieke televisiekanale gewys word.) En as jy na Prince
Edward Island gaan ('n paar uur se ry met die "ferry"
van New Brunswick) kan jy die "musical" van Anne
of Green Gables sien in Charlottetown, die hoofstad
van die eiland (en die plek waar Kanada in 1867 gebore
is.) Hierdie produksie speel nou al daar vir 32 jaar en
is 'n moet vir enige toeris na Prince Edward Island.
Op ons eerste besoek aan die eiland wou ek dadelik
gaan kyk na Green Gables, die plek wat so 'n groot rol
gespeel het in my kinderdae daar in die Noordkaap.
Wat was my verbasing groot toe ek merk dat al die ver-
duidelikings in die huis in Engels EN JAPANNEES
geskryf is. Dis toe die eerste dat ons in aanraking kom
met 'n internasionale verskynsel: dat Japannese dweep
met L.M. Montgomery en Prince Edward Island. Pare
kom uit Japan om daar te gaan trou. In Japan is Anne
bekend as "Anne van die rooi hare." In Ashibetsu, Japan,
is daar 'n park wat "Canada World" genoem word. Maar
al wat in die park is, is 'n reproduksie van Prince Edward
Island en veral van Green Gables. Ek neem aan die meisies
wat dit nie kan bekostig om P.E.I. toe te kom nie, gaan
daarheen om te trou.
Terloops, onthou altyd om Anne met 'n -e- te spel.
Anne het dit aan almal vertel die eerste keer as hulle haar
ontmoet. Sy het 'n baie slegte humeur gehad, en eenslag
'n lei gebreek oor Gilbert Blythe se kop omdat hy haar 'n
rooikop genoem het. Gilbert Blythe is natuurlik uiteinde-
lik die liefde van haar lewe.

Gloudina Bouwer
Re: Oor "Anne of Green Gables" van my kinderdae [boodskap #6966 is 'n antwoord op boodskap #6927] Vr, 09 Augustus 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
iz...@igs.net (Izak Bouwer) wrote:

die stories van Lucy Maud Montgomery uitgeneem[/color]
> daar in my skoolbiblioteek in Kakamas. .....>>>

The magic is lasting.
Ek en my kinders het elke episode van die TV-reeks gekyk.
My oudste kind - die leser - is mal oor die storie.
Vorige onderwerp: GOED SO HEZEKEL SEPENG
Volgende onderwerp: Die Afrikaner: Holomisa roer die pot!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 20:47:04 MGT 2024